Gedragskode vir Deelnemers

Daar word van deelnemers aan Wêreldrugby se opleidings- en opvoedingskursus ("Deelnemers") verwag om die waardes van Dissipline, Respek, Integriteit, Passie en Solidariteit uit te leef wanneer hulle 'n Wêreldrugbykursus bywoon. Deelnemers speel ook ’n beduidende rol in die handhawing van die welsyn van ander leerders wat kursusse volg en dié van spelers wat hulle mettertyd sal afrig en administreer en na wie hulle sal omsien. Daar word van alle deelnemers verwag om die waarde van hulle rol te weerspieël deur die Gedragskode van Deelnemers aan Wêreldrugby se Opleidings- en Onderwyskursusse en Wêreldrugby se Gedragskode na te kom en te eerbiedig.

Gedragstandaarde

Alle Deelnemers moet:

  • hulle te alle tye op gepaste en professionele wyse te gedra terwyl hulle ’n kursus bywoon of aan enige verwante aktiwiteite deelneem (wat sosiale of groepsgeleenthede insluit);
  • kursusopvoeders en -opleiers, ander Deelnemers en alle individue wat by die kursus betrokke is, respekteer
  • Alle instruksies van die kursusopvoeders en -opleiers uitvoer;
  • daartoe bydra dat die kursusomgewing ’n insluitende en verwelkomende ruimte vir ander Deelnemers is;
    • Wêreldrugby glo dat almal die geleentheid moet kry om die spel te speel of deel van rugby te wees, ongeag hulle nasionale, ras- of etniese oorsprong, geslag, geslagsidentiteit, geslagsoriëntering, fisiese ongeskiktheid, taal, godsdiens, politiek of om enige ander rede. Besoek https://www.world.rugby/rugbyforall?lang=en vir meer inligting;
  • die kursusse in goeie trou en in ooreenstemming met die kursusstandaarde en -beskrywings volg;
  • Hul gebruikersprofiele in World Rugby Passport op datum hou met die jongste kontakinligting;
  • geen aanstootlike, neerhalende, beledigende of onvanpaste taal gebruik nie;
  • ’n omgewing handhaaf wat vry is van enige vorm van teistering en/of mishandeling;
  • hulle weerhou van handelinge wat die Rugbyunie- of Wêreldrugbyspel nadelig beïnvloed of diskrediteer; en
  • Wêreldrugby se Gedragskode (Regulasie 18) nakom.

Let wel: Oortredings van hierdie Gedragskode van Deelnemers aan Opleidings- en Opvoedingskursusse kan op dieselfde wyse gehanteer word as oortredings van Wêreldrugbyregulasie 18) en/of die betrokke Unie se Gedragskode. 

Oortredings van hierdie Gedragskode vir Deelnemers 

Versuim om hierdie Gedragskode na te kom kan tot dissiplinêre optrede lei, insluitend maar nie beperk nie tot: 

  • mondelinge of skriftelike  waarskuwing;
  • tydelike of permanente verwydering van die kursus;
  • herroeping van kursuskwalifikasie(s);
  • verwysing na die betrokke Unie of Wêreldrugby vir toepaslike verdere ondersoek;
  • verwysing na wetstoepassing, plaaslike owerhede of professionele regulerende liggame (bv. die nasionale mediese raad) indien toepaslik; of
  • eige ander optrede wat na goeddunke deur Wêreldrugby toepaslik geag word.

Leerderveiligheid en -welsyn

Spelers se welsyn is Wêreldrugby hoogste prioriteit, en dus moet al Wêreldrugby se Opleiers en Opvoeders wat kursusse aanbied bewus wees van huidige prosesse rondom sleutelareas soos harsingskuddingsbestuur, eerstehulp in rugby en wette asook van hul eie spesifieke kennis.
 
As enigiets jou pla, praat dan met die afrigter of opvoeder wat jou kursus aanbied. 

Fisiese deelname

In baie van ons kursusse moet deelnemers soms as spelers, afrigters, skeidsregters, slagoffers ens. optree. Dit is lewensbelangrik dat Deelnemers moet onthou dat enige deelname by hul fiksheidsvlak, gesondheid en ouderdom moet pas. As rugbyliefhebbers kom ons dikwels in die versoeking om te maak soos ons as jong spelers gemaak het, maar onthou asseblief dat fisiese aktiwiteit slegs vir onderrig en leer bedoel is, en dat dit in orde is om nie deel te neem nie as jy voel dat dit gerade is. Baie aktiwiteite kan teen looppas uitgevoer word. Jy is daarvoor verantwoordelik om voor die kursus die afrigter of opvoeder se aandag  op enige gesondheids- of b eseringskwessie wat jou deelname kan beïnvloed, te vestig.