Spelerwelstand

Welkom by die spesialisasierigting Spelerwelstand. Spelerwelstand is World Rugby se hoogste prioriteit en daarom beveel ons aan dat alle belanghebbendes in die spel die veiligheid van hulle spelers bo alles stel.

Harsingskudding

Harsingskudding is 'n kwessie wat alle sportsoorte raak en dit is belangrik dat almal in rugby die simptome van harsingskudding herken en enige speler wat duidelike of vermoedelike simptome toon, uit die spel of oefening verwyder.

Wat ook al jou rol in die spel, ons reeks aanlyn modules gee gepaste leiding om jou te help.

By talle van ons kontakkursusse word daar vereis dat jy eers (sommige van) hierdie aanlyn modules voltooi voordat jy die kontakkursus bywoon. Ons beveel aan dat elke belanghebbende minstens die module Behartiging van Harsingskudding vir die Algemene Publiek voltooi.

Mediese Protokol vir Wedstryddag- Mediese Personeel

Hierdie hulpbron is ontwikkel om aan rugbyspandokters en wedstryddagpersoneel 'n begrip te gee van hulle verantwoordelikhede en om sekere kwessies wat hulle in hulle werk sal teëkom, uit te lig.

Noodhulp in Rugby

Hierdie aanlyn module is bedoel om om jou toe te rus met sekere basiese noodhulpvaardighede spesifiek vir rugby, en dit word vir alle belanghebbendes aanbeveel. Voltooiing van hierdie aanlyn module is 'n voorvereiste vir die bywoning van ons kontakkursus Noodhulp in Rugby.

Onmiddellike Sorg in Rugby / Gevorderde Onmiddellike Sorg in Rugby

Hierdie twee aanlyn modules is bedoel om professionele gesondheidsorg- en verwante gesondheidsorgwerkers in rugby, in staat te stel om beseerde spelers te assesseer, te stabiliseer en te verpak vir verwydering na 'n veilige area, terwyl hulle wag vir gevorderde sorg om op te daag.

Voltooiing van hierdie aanlyn modules is 'n voorvereiste vir die bywoning van die meegaande kontakkursus in Onmiddellike Sorg in Rugby.

Ingesteldheid - 'n Hulpbron vir Spandokters oor Geestesgesondheid

Hierdie hulpbron is ontwikkel om die mediese personeel van 'n span te help om geestesgesondheidsprobleme te identifiseer. Dit verskaf instrumente wat gebruik kan word om geestesgesondheidsprobleme te herken en maak aanbevelings oor die verwysing van spelers wat moontlik probleme met hulle geestesgesondheid ondervind.

COVID-19

Hierdie twee aanlynleermodules verskaf inligting oor Covid-19, en gee spesifieke leiding vir die veilige terugkeer na rugbyaktiwiteite.

Voltooiing van hierdie modules sal individue help om te demonstreer dat hulle gereed is om hulle instelling te help om weer te begin oefen en speel.

Modules beskikbaar in ander tale

Alle modules behoort in Engels, Frans en Spaans beskikbaar te wees, met talle beskikbaar in verskeie ander tale. Indien 'n module nie in jou taal beskikbaar is nie, probeer asseblief 'n ander taal.

First Aid In Rugby
Immediate Care in Rugby
Advanced Immediate Care in Rugby
Medical Protocols for Match Day Medical Staff
Concussion Management for the General Public
Concussion Management for Doctors and Health Care Professionals
Concussion Management for Match Day Medical Staff using the HIA Protocol
Mindset – A Mental Health Resource for Team Doctors
COVID 19 – Return to Play Awareness for Coaches & Players
COVID 19 – Return to Play Awareness for Administrators
Artificial Turf - an introduction for the General Public
Face-to-face courses and accreditations