Kopkontakproses - Maart 2021

Laai hierdie riglyn as ʼn PDF af

Konteks

Spelerswelsyn dryf die besluitneming van Wêreldrugby vir zero-verdraagsaamheid vir vuilspel, veral waar daar kopkontak plaasvind.

Die fokus moet wees op die optrede van die betrokkenes, nie die besering nie - die behoefte aan 'n Evaluering van ʼn Hoofbesering (EHB) beteken nie noodwendig dat daar onwettige kopkontak was nie.

Nie alle kopkontak is vuilspel nie

Toevallige kontak met die baldraer wat in die verdediger in doodgevat word

Vriendelike vuur' wanneer die twee verdedigers se koppe bots

Absoluut toevallige kopbotsing tussen wit 15 en rooi 14 - albei ding op dieselfde hoogte om die bal mee

Die 'vermoë tot ʼn keuse' vir doodvatters is van kardinale belang, veral omdat 72% van kopbeserings in doodvatte voorkom.

Goud laat sak sy gewig deur die lae doodvatpoging van swart 15

Wit 8 maak homself stewig om al die harde kontakpunte te bied sodat groen 2 se laagvatpoging afgestamp word

Groen 8 maak homself stewig om al die harde kontakpunte te bied sodat groen 2 se laagvatpoging afgestamp word

Doodvatters moet die begrip ontwikkel dat hulle regop moet bly om dit vir hulle moontlik te maak om 'aan te pas en te reageer' – en vinnig in ʼn laer doodvatposisie in te gaan – deur hulle oë en voete te gebruik om hulle tydsberekening reg te kry.

Dit is belangrik dat afrigters en spelers voortdurend veilige doodvattegnieke tydens oefening moet ontwikkel.

Oogmerke met die Kopkontakproses

Die proses is daarop gemik om die kop-, nek- en keelarea van spelers te beskerm.

Die proses kan toegepas word op:

  • Hoogvatte Skouerstormlope Gevaarlike skoonmaak Kop-teen-kop-botsing Leidende elmboog / voorarm

Die Kopkontakproses is ʼn Reëltoepassingsriglyn. Ingevolge 9.11 is die skeidsregter altyd daarop geregtig om ʼn rooi of geel kaart toe te ken vir enigiets wat roekeloos of gevaarlik geag word. Hierdie proses is egter ook bedoel om te help met konsekwentheid in die toepassing van sanksies deur leiding te gee oor hoe kontak met die kop deur wedstrydbeamptes en dissiplinêre personeel benader moet word.

 

 

 

 

 

 

Dit sluit kop-teen-kop in

Prosesvrae en –oorwegings

1. Het kopkontak voorgekom?

Kopkontak sluit die nek- en keelarea in

2. Was daar vuilspel?

Oorwegings:

  • Opsetlik Roekeloos Vermybaar

3. Wat was die mate van gevaar?

Oorwegings sluit in:

  • Direkte vs indirekte kontak Krag hoog uitgeoefen vs krag laag uitgeoefen

4. Is daar versagtende omstandighede?

Oorwegings sluit in:

  • Siglyn Skielike en beduidende laer val of beweging Duidelike poging om hoogte te verander Mate van beheer Regop – passief vs dinamies

Versagting is nie van toepassing op opsetlike of uiters roekelose gedrag nie

Sleutelwoorde vir wedstrydbeamptes

Wedstrydbeamptes wil dalk die onderstaande nie-volledige lys van sleutelwoorde gebruik om hulle te help identifiseer of 'n speler fouteer het, die mate van gevaar wat betrokke was en of enige versagting toegepas moet word.

Speel voort

Geen fout nie

  • Skielike en beduidende laer val of beweging deur die baldraer Speler het geen tyd gehad om aan te pas nie Passiewe aksie Onopsetlike botsing Geen leidende arm wanneer dit naby die liggaam is nie

Strafskop

Geel kaart

Lae mate van gevaar

  • Indirekte kontak Lae krag Lae spoed Passief Geen leidende kop / skouer / voorarm nie

Rooi kaart

Hoë mate van gevaar

  • Direkte kontak Gebrek aan beheer Hoë spoed Regop en dinamies Leidende kop / skouer / elmboog / voorarm Swaaiende arm Geen versagting vir opsetlike of uiters roekelose gedrag of vuilspel nie

Versagtende omstandighede

  • Skielike / beduidende verandering van hoogte of rigtingverandering deur baldraer ʼn Laat verandering in dinamika as gevolg van ʼn ander speler in kontak ʼn Poging om vas te gryp / te bind maar geen tyd om ʼn aanpassing te maak nie