11 Aanslaan of vorentoe aangee

Aanslaan

11.1 'n Aanslaan kan op enige plek in die speelgebied plaasvind. Straf: Skrum (indien die bal in die grens ingaan, kan die nie-oortredende span in plaas daarvan 'n vinnige ingooi of 'n lynstaan kies).

Videos

11.2 Dit is 'n aanslaan indien 'n speler, in die doodvat of poging tot doodvat van 'n opponent, kontak maak met die bal en die bal vorentoe beweeg. Straf: Skrum (indien die bal in die grens ingaan, kan die nie-oortredende span in plaas daarvan 'n vinnige ingooi of 'n lynstaan kies).

Videos

11.3 'n Speler moet nie doelbewus die bal met die hand of arm vorentoe klap nie. Straf: Strafskop.

Videos

11.4 Dit is nie 'n doelbewuste aanslaan indien die speler, in die handeling daarvan om te poog om die bal te vang, die bal aanslaan nie, mits daar 'n redelike verwagting was dat die speler besit kon verkry het.

11.5 Die bal is nie aangeslaan nie en spel gaan voort indien:

a. 'n Speler die bal vorentoe klap direk nadat 'n opponent dit geskop het (afstorm).

Videos

b. 'n Speler die bal uit 'n opponent se hande stroop of slaan en die bal van die opponent se hand of arm af vorentoe beweeg.

Videos

Aanslaan

Afstorm

Vorentoe aangee

11.6 'n Vorentoe aangee kan op enige plek in die speelgebied plaasvind. Straf: Skrum.

Videos

11.7 'n Speler moet nie doelbewus die bal vorentoe gooi of aangee nie. Straf: Strafskop.