10 Onkant en aankant in oop spel

Beginsel

Die spel word gespeel slegs deur spelers wat aankant is.

Onkant en aankant in oop spel

10.1 'n Speler is onkant in oop spel indien daardie speler voor 'n spanmaat is wat die bal dra of die laaste was om dit te speel. 'n Onkant speler moet nie met die spel inmeng nie. Dit sluit in:

a. Om die bal te speel.

Videos

b. Om die baldraer dood te vat.

c. Om die opposisie te verhinder om te speel soos hulle wil.

Videos

10.2 'n Speler kan op enige plek in die speelgebied onkant wees.

10.3 'n Speler wat per abuis 'n onbedoelde vorentoe aangee ontvang, is nie onkant nie.

10.4 'n Onkant speler mag gestraf word indien daardie speler:

a. Met spel inmeng; of Straf: Die nie-oortredende span kan een van die volgende kies:

  1. Strafskop op die plek van oortreding; of
  2. Skrum waar die oortredende span laas die bal gespeel het.

Videos

b. Vorentoe na die bal toe beweeg; of Straf: Die nie-oortredende span kan een van die volgende kies:

  1. Strafskop op die plek van oortreding; of
  2. Skrum waar die oortredende span laas die bal gespeel het.

Videos

c. Voor 'n spanmaat was wat die bal geskop het en versuim om onmiddellik terug te val na 'n denkbeeldige lyn dwarsoor die veld, aan die kant van daardie speler, 10 meter weg vanwaar die bal gevang is of geland het, selfs al het dit eers 'n doelpaal of dwarslat getref. Indien dit meer as een speler behels, word die speler naaste aan waar die bal land of gevang word, gestraf. Dit staan bekend as die 10-meterreël en geld steeds indien die bal aan 'n opponent raak of deur een gespeel word, behalwe indien die skop afgestorm word. Straf: Die nie-oortredende span kan een van die volgende kies:

  1. Strafskop op die plek van oortreding; of
  2. Skrum waar die oortredende span laas die bal gespeel het.

10.5 'n Speler is per ongeluk onkant indien die speler dit nie kan vermy om deur die bal of deur 'n spanmaat wat die bal dra geraak te word nie. Slegs indien die oortredende span voordeel daaruit kry, moet die spel gestop word. Straf: Skrum.

Videos

10.6 Behalwe ooreenkomstig reël 10.4c kan 'n onkant speler aankant geplaas word wanneer:

a. Beweeg tot agter 'n spanmaat wat die bal laas gespeel het; of

Videos

b. Beweeg tot agter 'n spanmaat wat aankant is.

Videos

10.7 Behalwe ooreenkomstig reël 10.4c kan 'n onkant speler aankant geplaas word wanneer:

a. 'n Aankant spanmaat van daardie speler verby die oortredende speler beweeg en binne die speelgebied is of dit weer binnegekom het.

Videos

b. 'n Opponent van daardie speler:

i. Die bal vyf meter dra; of

ii. Die bal aangee; of

Videos

iii. Die bal skop; of

Videos

iv. Doelbewus aan die bal raak sonder om besit daarvan te verkry.

Videos

10.8 'n Speler wat onkant is ingevolge reël 10.4c kan nie aankant geplaas word deur enige handeling van 'n opponent nie, behalwe deur 'n afstorm.

Videos

Speler speelkant geplaas deur spanmaat

Speler speelkant geplaas deur teenstanders

Terugval van 'n losskrum, losgemaal. skrum of lynstaan

10.9 'n Speler wat onkant is by 'n losskrum, losgemaal. skrum of lynstaan bly onkant selfs nadat die losskrum, losgemaal. skrum of lynstaan geëindig het.

10.10 Die speler kan slegs aankant geplaas word indien:

a. Daardie speler onmiddellik tot agter die toepaslike onkantlyn terugval; of

b. 'n Opposisiespeler die bal vyf meter in enige rigting dra; of

c. 'n Opposisiespeler die bal skop.

10.11 'n Onkant speler mag gestraf word indien daardie speler:

a. Versuim om sonder onnodige vertraging terug te val en voordeel daaruit trek om in 'n gunstiger posisie aankant geplaas te word; of Straf: Strafskop.

b. Met spel inmeng; of Straf: Strafskop.

Videos

c. Na die bal toe beweeg. Straf: Strafskop.