2 Bal

2.1 Die bal is ovaalvormig en bestaan uit vier panele.

2.2 Dit het die volgende afmetings:

2.3 Dit weeg 410-460 gram.

2.4 Kleiner balle mag vir wedstryde tussen jonger spelers gebruik word.

2.5 Die bal is van leer of 'n geskikte sintetiese materiaal gemaak. Dit kan behandel wees om dit waterbestand te maak en makliker om vas te vat.

2.6 Die lugdruk daarvan aan die begin van die wedstryd is 65,71-68,75 kilopascal, 0,67-0,70 kilogram per vierkante sentimeter of 9,5-10,0 pond per vierkante duim.

2.7 Bykomende balle mag gedurende die wedstryd beskikbaar wees.