20 Strafskop en vryskop

Beginsel

Strafskoppe en vryskoppe word toegeken om spel ná oortredings te hervat.

Plek van 'n strafskop of vryskop

20.1 Die merk vir 'n strafskop of vryskop moet binne die speelveld wees en nie nader nie as vyf meter aan die doellyn, ooreenkomstig die volgende tabel:

OortredingPlek van strafskop of vryskop
Terwyl die bal in spel is, uitgesonderd 'n laat loop ná 'n skop.
Videos
Op die plek van oortreding.
Terwyl die bal dood is.
Videos
Op die plek waar die spel hervat sou word of, indien daardie plek die doellyn of binne 15 meter daarvan was, is die merk op die 15-meterlyn, in lyn met daardie plek.
Indien spel met 'n inskop sou hervat het, is die merk enige plek op die straflyn (nie-oortredende span besluit).
Enige oortreding wat buite die speelgebied plaasvind terwyl die bal in spel is.
Videos
Op die 15-meterlyn, in lyn met waar die oortreding plaasgevind het, of indien die oortreding in die doelgebied of agter die doodlyn plaasgevind het, op die vyfmeterlyn, in lyn met die plek van die oortreding, maar nie minder as 15 meter van die grenslyn af nie.
Enige oortreding in y 'n lynstaan.
Videos
15 meter van die grenslyn af, op die ingooimerk.
Onkant by 'n fase van die spel.
Videos
By die oortredende span se onkantlyn.
Enige daaropvolgende oortreding deur die span wat oorspronklik oortree het nadat die eerste strafskop of vryskop toegeken is maar voordat dit geneem is.
Videos
Word 10 meter vorentoe van die oorspronklike merk gegee.
Die skopper word laat geloop.
Videos
Die opposisie kies hetsy die plek van die oortreding, of waar die bal geland het, of waar die bal volgende gespeel is.
Indien die oortreding binne die skopper se doelgebied plaasvind, word die strafskop vyf meter van die doellyn af in lyn met die plek van die oortreding maar minstens 15 meter van die grenslyn af geneem.
Die nie-oortredende span kan ook kies om die strafskop te neem waar die bal land of waar dit volgende gespeel word nadat dit geland het, minstens 15 meter van die grenslyn af.
Indien die bal in die grens land, is die opsionele strafskop op die 15-meterlyn, in lyn met waar dit in die grens ingegaan het.
Indien die bal binne 15 meter van die grenslyn land, of volgende binne 15 meter van die grenslyn gespeel word voordat dit land, is die merk op die 15-meterlyn teenoor die plek waar die bal geland het of gespeel is.
Indien die bal in die doelgebied, in die doelgrens of op of oor die doodlyn land, is die opsionele strafskop vyf meter van die doellyn af, in lyn met die plek waar die bal die doellyn gekruis het en minstens 15 meter van die grenslyn af.
Indien die bal 'n doelpaal of die dwarslat raak, word die opsionele strafskop toegeken waar die bal land.
Doelbewuste gooi of klap van die bal in die grens in.
Videos
Indien die bal gegooi of geklap word:
Uit die speelgebied in die grens of doelgrens of oor die doodlyn, is die merk waar die oortreding plaasgevind het, maar nie nader nie as 15 meter van die grenslyn en vyf meter van die doellyn af.
In die grens of doelgrens vanuit die doelgebied, is die merk op die vyfmeterlyn, minstens 15 meter van die grenslyn af.
Oor die doodlyn vanuit die doelgebied, is die merk op die vyfmeterlyn, in lyn met waar die oortreding plaasgevind het.
Enige oortreding in die doelgebied of binne vyf meter van die doellyn.In die speelgebied, vyf meter van die doellyn af, in lyn met die plek van die oortreding.

20.2 'n strafskop of vryskop word geneem van waar dit toegeken is of vanaf enige plek daaragter op 'n lyn deur die merk en parallel met die grenslyne. Indien 'n strafskop of vryskop op die verkeerde plek geneem word, moet dit weer geneem word.

Videos

Opsies by 'n strafskop of vryskop

20.3 'n Span aan wie 'n strafskop of vryskop toegeken is, mag in plaas daarvan 'n skrum kies.

Videos

20.4 'n Span aan wie 'n strafskop of vryskop by 'n lynstaan toegeken is, mag in plaas daarvan 'n lynstaan of 'n skrum op dieselfde merk kies.

Neem van 'n strafskop of vryskop

20.5 'n Strafskop of vryskop moet sonder versuim geneem word. Straf: Skrum.

20.6 Enige speler van die nie-oortredende span mag dit neem, behalwe 'n vryskop wat vir 'n skoonvang toegeken is.

20.7 Die skopper moet die bal gebruik wat in spel was, tensy die skeidsregter besluit dat dit defektief is. Straf: Skrum.

20.8 'n Speler mag die bal skop, skepskop of stelskop (maar nie om dit in die grens in te skop nie).

20.9 Die skopper mag die bal in enige rigting skop.

20.10 Behalwe vir die steller by 'n stelskop moet die skopper se span agter die bal bly totdat dit geskop is. Straf: Skrum.

20.11 Die bal moet 'n sigbare afstand geskop word. Indien die skopper dit vashou, moet dit duidelik die hande verlaat. Indien dit op die grond is, moet dit duidelik die merk verlaat. Sodra die skop eers suksesvol geneem is, kan die skopper weer die bal speel. Straf: Skrum.

Opponerende span by 'n strafskop of vryskop

20.12 Wanneer 'n strafskop of vryskop toegeken word, moet die opponerende span onmiddellik 10 meter in die rigting van hulle eie doellyn terugval of totdat hulle hul doellyn bereik het, indien dit nader is. Straf: Tweede strafskop of vryskop, 10 meter voor die oorspronklike merk. Die tweede strafskop of vryskop moet nie geneem word voordat die skeisregter die merk gemaak het nie.

20.13 Selfs al word die strafskop of vryskop vinnig geneem en die skopper se span speel die bal, moet opponerende spelers voortgaan om die nodige afstand terug te val. Hulle mag nie aan die spel deelneem nie totdat hulle dit gedoen het. Straf: Tweede strafskop of vryskop, 10 meter voor die oorspronklike merk. Die tweede strafskop of vryskop moet nie geneem word voordat die skeisregter die merk gemaak het nie.

Videos

20.14 Indien dit só vinnig geneem word dat opponente nie die geleentheid het om terug te val nie, sal hulle nie hiervoor gestraf word nie. Hulle mag egter nie aan die spel deelneem totdat hulle 1o meter van die af teruggeval het of totdat 'n spanmaat wat 10 meter van die merk af was tot voor hulle beweeg het nie. Straf: Tweede strafskop of vryskop, 10 meter voor die oorspronklike merk. Die tweede strafskop of vryskop moet nie geneem word voordat die skeisregter die merk gemaak het nie.

20.15 Die opponerende span mag niks doen om die skop te vertraag of obstruksie teen die skopper te pleeg nie, met inbegrip daarvan om die bal doelbewus buite die bereik van die span aan wie die strafskop toegeken is te te neem, te gooi of te skop nie. Straf: Tweede strafskop of vryskop, 10 meter voor die oorspronklike merk. Die tweede strafskop of vryskop moet nie geneem word voordat die skeisregter die merk gemaak het nie.

Videos

Strafskop pale toe

Opponerende span by 'n vryskop

20.16 Sodra die skopper 'n beweging begin om die skop te neem, mag die opponerende span opstorm en probeer om te verhinder dat die vryskop geneem word deur die speler dood te vat of die bal af te storm.

Videos

20.17 Indien die opponerende span regverdig opstorm en verhoed dat die vryskop geneem word, word die skop nie toegelaat nie. Spel hervat met 'n skrum op die merk en die opponerende span gooi in.