17 Skoonvang

Beginsel

n Wyse om spel binne 'n speler se eie 22 te stop deur 'n opponent se skop direk te vang.

Opeis van 'n skoonvang

17.1 Om 'n skoonvang op te eis moet 'n speler:

a. Minstens een voet op of agter sy 22-meterlyn hê wanneer die bal gevang word of wanneer daar geland word nadat die bal in die lug gevang is; en

Videos

b. 'n Bal wat die vlak van die 22-meterlyn bereik het direk van 'n opponent se skop af vang voordat dit die grond of 'n ander speler raak; en

c. Tegelykertyd "merk" skree.

Videos

17.2 'n Speler mag 'n skoonvang opeis selfs indien die bal 'n doelpaal of dwarslat tref voordat dit gevang word.

Videos

17.3 Indien 'n skoonvang korrek geroep word, stop die skeidsregter die spel onmiddellik en ken 'n vryskop toe aan die span wat in besit is.

Videos

17.4 'n Skoonvang mag nie opgeëis word van afskop of van 'n skop om spel te hervat nadat punte aangeteken is nie.

Hervatting van spel ná 'n skoonvang

17.5 Die speler wat die skoonvang opgeëis het, neem die vryskop (ooreenkomstig Reël 20).

17.6 Indien die speler nie in staat is om die vryskop binne een minuut te neem nie, word 'n skrum toegeken aan die span wat in besit is.

17.7 Die vryskop word op die volgende plekke geneem:

Plek van die skoonvangPlek van vryskop
Binne die 22Op die plek van die skoonvang maar minstens vyf meter van die doellyn af, in lyn met die plek van die skoonvang.
Binne die doelgebiedOp die vyfmeterlyn, in lyn met die plek van die skoonvang.