15 Losskrum

Beginsel

Die doel van 'n losskrum is om spelers toe te laat om te wedywer vir die bal, wat op die grond is.

Vorming van 'n losskrum

15.1 'n Losskrum kan slegs in die speelveld plaasvind.

15.2 'n Losskrum word gevorm indien minstens een speler van elke span in kontak is, op hulle voete en oor die bal, wat op die grond is.

15.3 Spelers betrokke by alle stadiums van die losskrum se koppe en skouers moenie laer as hulle heupe wees nie. Straf: Vryskop.

Onkant by 'n losskrum

15.4

By 'n losskrum of 'n losgemaal loop die onkantlyn deur die agterste voet van die speler van dieselfde span. Die speler met die geel trui aan die regterkant, is onkant.

Aansluiting by 'n losskrum

15.5 Spelers wat by die losskrum opdaag, moet op hulle voete wees en moet van agter hulle eie onkantlyn aansluit. Straf: Strafskop.

Videos

15.6 'n Speler mag langs maar nie voor die agterste speler nie aansluit. Straf: Strafskop.

Videos

15.7 'n Speler moet aan 'n spanmaat of 'n opponerende speler bind. Die bind moet kontak met enige ander deel van die liggaam voorafgaan of gelyktydig daarmee plaasvind. Straf: Strafskop.

Videos

15.8 Spelers moet by die losskrum aansluit of onmiddellik tot agter hulle onkantlyn terugval. Straf: Strafskop.

15.9 Spelers wat voorheen deel van die losskrum was, mag weer by die losskrum aansluit, mits hulle dit van 'n aankant posisie doen. Straf: Strafskop.

Videos

Gedurende 'n losskrum

15.10 Mag besit verower word hetsy deur die bal in die losskrum te haak of deur die opponerende span van die bal af te stoot.

Videos

15.11 Sodra 'n losskrum gevorm het, mag geen speler die bal hanteer nie, tensy hulle hul hande op die bal kon kry voordat die losskrum gevorm is en hulle op hulle voete gebly het. Straf: Strafskop.

Videos

15.12 Spelers moet poog om regdeur die losskrum op hulle voete te bly. Straf: Strafskop.

Videos

15.13 Alle spelers in 'n losskrum moet daarin vasgevang of daaraan gebind wees en nie net daarlangsaan nie. Straf: Strafskop.

15.14 Spelers mag die bal met hulle voete speel, mits hulle dit op 'n veilige manier doen.

15.15 Spelers op die grond moet probeer om van die bal af weg te beweeg en moet nie die bal in die losskrum speel of terwyl dit uitkom nie. Straf: Strafskop.

Videos

15.16 Spelers moet nie:

a. Die bal met hulle bene optel nie. Straf: Strafskop.

b. Doelbewus 'n losskrum laat ineenstort of daarop spring nie. Straf: Strafskop.

c. Doelbewus op 'n ander speler trap nie. Straf: Strafskop.

d. Op of oor die bal val wat besig is om uit te kom terwyl dit op die grond naby die losskrum is nie. Straf: Strafskop.

e. Die bal uit 'n losskrum skop of probeer skop nie. Straf: Strafskop.

f. Die bal in die losskrum in terugspeel nie. Straf: Vryskop.

g. Enigsins so optree om opponente te laat glo dat die losskrum geëindig het wanneer dit nie die geval is nie. Straf: Vryskop.

Beëindiging van 'n losskrum

15.17 Wanneer die bal duidelik deur 'n span in die losskrum gewen is en dit beskikbaar is om gespeel te word, roep die skeidsregter, "speel die bal" (Engels "use it"), waarna die bal binne vyf sekondes van die losskrum af weggespeel moet word. Straf: Skrum.

Videos

15.18 Die losskrum word beëindig en spel gaan voort wanneer die bal uit die losskrum kom of wanneer die bal in die losskrum op of oor die doellyn is.

15.19 Die losskrum word beëindig wanneer die bal onspeelbaar raak. Indien die skeidsregter besluit dat die bal waarskynlik nie binne 'n redelike tyd uit die losskrum sal kom nie, word 'n skrum toegeken.

Videos