16 Losgemaal

Beginsel

Die doel van 'n losgemaal is om spelers toe te laat om te wedywer vir die bal, wat van die grond af gehou word.

Vorming van 'n losgemaal

16.1 'n Losgemaal kan slegs in die speelveld plaasvind.

16.2 Dit bestaan daaruit dat ‘n baldraer en minstens een speler van elke span saamgebind en op hulle voete is. ʼn Speler wat die bal uit die baldraer se besit stroop, moet met daardie speler in kontak bly totdat die balbesit oorgedra is. Straf: Strafskop.

16.3 As dit eers gevorm het, moet 'n losgemaal in die rigting van 'n doellyn beweeg.

Losgemaal nie gevorm nie

Onkant by 'n losgemaal

16.4 Elke span het 'n onkantlyn wat parallel met die doellyn deur die agterste voet van die deelnemers aan die losgemaal loop wat die naaste aan daardie span se doellyn is. Indien daardie voet op of agter die doellyn is, is die onkantlyn vir daardie span die doellyn.

16.5 Spelers moet vanuit 'n aankant posisie by die losgemaal aansluit of onmiddellik tot agter hulle onkantlyn terugval. Straf: Strafskop.

Videos

16.6 Spelers wat 'n losgemaal verlaat, moet onmiddellik tot agter die onkantlyn terugval. Hierdie spelers mag weer by die losgemaal aansluit. Straf: Strafskop.

Videos

Aansluiting by 'n losgemaal

16.7 Spelers wat by 'n losgemaal aansluit, moet:

a. Dit vanuit 'n aankant posisie doen. Straf: Strafskop.

Videos

b. Aan die agterste speler in die losgemaal bind. Straf: Strafskop.

Videos

c. Hulle koppe en skouers nie laer as hulle heupe hê nie. Straf: Vryskop.

Gedurende 'n losgemaal

16.8 Mag die baldraer in 'n losgemaal grond toe gaan, mits daardie speler die bal onmiddellik beskikbaar stel. Straf: Skrum.

Videos

16.9 Alle ander spelers in 'n losgemaal moet poog om op hulle voete te bly. Straf: Strafskop.

16.10 Alle spelers in ‘n losgemaal moet daarin vasgevang of daaraan gebind wees en nie net daarlangsaan nie. ʼn Speler in besit van die bal moet nie agtertoe in die losskrum glip of beweeg nie. Straf: Strafskop.

16.11 Spelers moet nie:

a. Doelbewus 'n losgemaal laat ineenstort of daarop spring nie. Straf: Strafskop.

Videos

b. Poog om 'n opponent uit 'n losgemaal te sleep nie. Straf: Strafskop.

c. Enigsins so optree om opponente te laat glo dat die losgemaal geëindig het wanneer dit nie die geval is nie. Straf: Vryskop.

16.12 Indien spelers van die span wat nie in besit van die bal is nie doelbewus die losgemaal verlaat sodat daar nie spelers van daardie span in die losgemaal oor is nie, gaan die losgemaal voort.

16.13 Indien al die spelers van die span wat nie in besit van die bal is nie doelbewus die losgemaal verlaat, mag hulle weer by die losgemaal aansluit mits die eerste speler bind aan die voorste speler van die span in besit van die bal. Straf: Strafskop.

16.14 Wanneer 'n losgemaal vir meer as vyf sekondes na die doellyn toe ophou beweeg maar die bal beweeg word en die skeidsregter dit kan sien, gee die skeidsregter opdrag aan die spelers om die bal te gebruik. Die span wat in besit is, moet dan die bal binne 'n redelike tyd gebruik. Straf: Skrum.

Videos

16.15 Wanneer 'n bal opgehou het om na die doellyn toe te beweeg, mag dit weer na die doellyn toe begin beweeg, mits dit binne vyf sekondes weer so begin beweeg. Indien dit 'n tweede keer gebeur maar die bal beweeg word en die skeidsregter dit kan sien, gee die skeidsregter opdrag aan die span om die bal te gebruik. Die span wat in besit is, moet dan die bal binne 'n redelike tyd gebruik. Straf: Skrum.

Videos

Vorming van 'n losskrum

16.16 'n Losgemaal eindig en spel gaan voort wanneer:

a. Die bal of baldraer verlaat die losgemaal.

b. Die bal op die grond is.

c. Die bal op of oor die doellyn is.

16.17 'n Losgemaal eindig onsuksesvol wanneer:

a. Die bal onspeelbaar word. Straf: Skrum.

Videos

b. 'n Losgemaal in die duie stort (nie as gevolg van vuilspel nie). Straf: Skrum.

Videos

c. Die losgemaal vir langer as vyf sekondes nie na 'n doellyn toe beweeg nie en die bal nie uitkom nie. Straf: Skrum.

Videos

d. Die baldraer grond toe gaan en die bal nie onmiddellik beskikbaar is nie. Straf: Skrum.

Videos

e. Die bal beskikbaar is om gespeel te word, die skeidsregter "speel die bal" geroep het en dit nie binne vyf minute van die roep af gespeel is nie. Straf: Skrum.

16.18 Indien 'n losgemaal gevorm word onmiddellik nadat 'n speler 'n opponent se skop direk in oop spel gevang het, sal 'n skrum om enige van die redes hierbo genoem word, aan die span van die baldraer toegeken word.

Videos