19 Skrum

10e

5 [Replacement]

19.5 Wanneer albei spanne 15 spelers het, bind agt spelers van elke span saam in die formasie soos in die diagram aangedui word. Elke span moet twee stutte en een haker in die voorry en twee slotte in die tweede ry hê. Drie agterryspelers van elke span voltooi die skrum. Straf: Strafskop.

Vervang deur:

19.5 'n Skrum moet vyf spelers van elke span in twee rye hê. Elke voorry bestaan uit twee stutte en 'n haker en die tweede ry bestaan uit twee slotte. Al vyf moet aan die skrum gebind bly totdat dit ten einde loop en mag nie hulle binding verbreek om die bal te speel nie. Straf: Strafskop.

Videos
6 geskrap
7d geskrap
2 [Replacement]

19.2 Die skrum eindig:

a. Wanneer die bal in enige rigting behalwe die tonnel uit die skrum kom.

b. Wanneer die bal die voete van die agterste speler bereik en dit deur daardie speler opgetel word of deur daardie span se skrumskakel gespeel word.

c. Wanneer die agsteman die bal van die voete van 'n tweederyspeler af optel.

d. Wanneer die skeidsregter die fluitjie vir 'n oortreding blaas.

e. Wanneer die bal in 'n skrum op of oor die doellyn is.

Vervang deur:

b. Wanneer die bal deur daardie span se skrumskakel gespeel word.