8 Aanteken van punte

Sewes

7 [Replacement]

8.7 Indien 'n drie aangeteken word, gee dit aan die span die reg om met 'n doelskop te poog, wat 'n stelskop of skepskop mag wees.

Vervang deur:

8.7 Indien 'n drie aangeteken word, gee dit aan daardie span die reg om met 'n doelskop te poog, wat 'n skepskop moet wees.

Videos
c geskrap
4 [Replacement]

8.4 Die skopper:

a. Gebruik die bal wat in spel was, tensy dit defektief is.

b. Neem die skop van binne die speelveld op 'n lyn deur die plek waar die drie aangeteken is, parallel met die grenslyne.

c. Stel die bal direk op die grond of op sand, saagsels of 'n skopring. Die skopper kan deur 'n steller bygestaan word. Niks anders mag gebruik word om die skopper te help nie.

d. Neem die skop binne 90 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die drie toegeken is, selfs al val die bal om en moet dit weer gestel word. Straf: Skop is ongeldig.

Vervang deur:

d. Neem die skop binne 30 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die drie toegeken is. Straf: Skop is ongeldig.

Videos
14 [Replacement]

8.14 Al die opponerende spelers gaan terug tot agter hulle doellyn en mag nie oor daardie lyn gaan totdat die skopper in enige rigting beweeg om die aanloop na die skop te begin nie. Wanneer die skopper dit doen, mag hulle opstorm of spring om ‘n doel te voorkom maar mag hulle nie fisiek deur ander spelers in hierdie aksies ondersteun word nie.

Vervang deur:

8.14 Alle opponerende spelers moet onmiddellik naby hulle 10-meterlyn bymekaarkom.

16 geskrap
21 [Replacement]

8.21 Die skop moet geneem word binne 60 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die hulle bedoeling te kenne gee om dit te doen, selfs al val die bal om en moet dit weer gestel word. Straf: Skop is ongeldig en 'n skrum word toegeken.

Vervang deur:

8.21 Die skop moet geneem word binne 30 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die span aangedui het dat dit hulle voorneme is om dit te doen. Straf: Skop is ongeldig en 'n skrum word toegeken.

24 [Replacement]

8.24 Die skopper stel die bal direk op die grond of op sand, saagsels of 'n skopring.Die skopper kan deur 'n steller bygestaan word. Niks anders mag gebruik word om die skopper te help nie. Straf: Skrum.

Vervang deur:

8.24 Die skop moet 'n skepskop wees. Straf: Skrum.

Byvoeging:

8.30 In ekstra tyd word die span wat eerste punte aanteken as die wenner verklaar, sonder enige verdere spel.

Videos