12 Afskoppe en skoppe om spel te hervat

10e

4 [Replacement]

12.4 Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat hul opponente spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Vervang deur:

12.4 Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat dieselfde span spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Straf: Vryskop.

1 [Replacement]

12.1 Wanneer die bal geskop word:

a. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Skrum.

b. Opposisiespelers moet op of agter die 10-meterlyn wees. Straf: Die skop word weer geneem.

Vervang deur:

a. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Vryskop.

6 [Replacement]

12.6 Die bal moet die 10-meterlyn bereik. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Vervang deur:

12.6 Moet die bal die 10-meterlyn bereik. Straf: Vryskop.

8 [Replacement]

12.8 Indien die bal direk in die grensgebied in beweeg, kies die span wat nie geskop het nie een van die volgende:

a. Die skop word weer geneem.

b. Skrum.

c. Lynstaan.

d. Vinnige ingooi.

Vervang deur:

12.8 Moet die bal nie direk in die grens ingaan nie. Straf: Vryskop.

9 [Replacement]

12.9 Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan dood deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word of 'n skrum.

Vervang deur:

12.9 Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan in die doelgrens in of oor die doodlyn, word daar aan die span wat nie geskop het nie 'n vryskop toegeken.