3 Span

GAME-ON

2 [Replacement]

3.2 'n Wedstrydorganiseerder mag goedkeur dat wedstryde met minder as 15 spelers in elk van die spanne gespeel word.

Vervang deur:

3.2 'n Wedstrydorganiseerder kan magtig dat wedstryde met minder as 15 spelers in elke span gespeel word, met ‘n minimum van 10. Spanne moet ‘n gelyke getal spelers hê.

13 [Replacement]

3.13 Skrums word onbetwiste skrums indien enigeen van die spanne nie 'n behoorlik afgerigte voorry op die veld kan bring nie of indien die skeidsregter so beveel.

Vervang deur:

3.13 Selfs van die begin van die wedstryd af, in geval dat een van die spanne nie 'n behoorlik afgerigte voorry op die veld kan bring nie of indien die skeidsregter so beveel, moet skrums onbestrede wees

14 [Replacement]

3.14 'n Wedstrydorganiseerder kan bepaal onder watter omstandighede 'n wedstryd met onbetwiste skrums mag begin.

Vervang deur:

3.14 'n Wedstrydorganiseerder kan bepaal dat wedstryde met verminderde getalle in die skrum, onbetwiste skrums of die onder-19-variasie van ʼn maksimum stoot van slegs 1,5 m gespeel kan word. Spanne moet gelyk ʼn gelyke getal spelers hê

34 [Replacement]

3.34 'n Wedstrydorganiseerder mag herhalende plaasvervangers op omskrewe vlakke van die spel binne sy jurisdiksie toelaat. Die getal omruilings mag nie 12 oorskry nie. Die administrasie en reëls in verband met die herhalende plaasvervangers is die verantwoordelikheid van die wedstrydorganiseerder.

Vervang deur:

3.34 'n Wedstrydorganiseerder mag "rollende plaasvervangings" implementeer waardeur spelers na die speelveld kan terugkeer solank hulle nie beseer is nie. Daar is geen beperkings op die getal omruilings nie

Byvoeging:

3.35 'n Wedstrydorganiseerder kan ook die halfwedstrydreël toepas waarvolgens alle spelers ten minste 'n halwe wedstryd moet speel.

Byvoeging:

3.36 'n Wedstrydorganiseerder kan op spesifieke groepe mense in die bevolking fokus as 'n werwings-/retensie-inisiatief met gewigsgebaseerde kompetisies, byvoorbeeld: onder 70 kg