12 Afskoppe en skoppe om spel te hervat

Beginsel

Afskoppe word gebruik om beide helftes van die wedstryd of tydperk van ekstra tyd te begin. Skoppe om spel te hervat word gebruik om spel te hervat.

12.1 Alle afskoppe en skoppe om spel te hervat is skepskoppe. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Videos

Afskop

Afskoppe en skoppe om spel te hervat nadat punte aangeteken is

12.2 Afskoppe word op of agter die middelpunt van die halflyn geneem. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

12.3 Die opponente van die span wat afgeskop het om die wedstryd te begin, begin die tweede helfte.

Videos

12.4 Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat hul opponente spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

12.5 Wanneer die bal geskop word:

a. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Skrum.

Videos

b. Opposisiespelers moet op of agter die 10-meterlyn wees. Straf: Die skop word weer geneem.

12.6 Die bal moet die 10-meterlyn bereik. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Videos

12.7 Indien die bal die 10-meterlyn bereik maar dan teruggewaai word of 'n opponent die bal speel voordat dit die 10-meterlyn bereik, gaan die spel voort.

Videos

12.8 Indien die bal direk in die grensgebied in beweeg, kies die span wat nie geskop het nie een van die volgende:

Videos

a. Die skop word weer geneem.

b. Skrum.

c. Lynstaan.

d. Vinnige ingooi.

12.9 Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan dood deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word of 'n skrum.

Videos

12.10 Indien die bal in die die span wat skop se eie doelgebied ingeskop word en deur 'n verdedigende speler doodgedruk word of dit doodgaan deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, word daar aan die span wat nie geskop het nie 'n vyfmeterskrum toegeken.

Ander skoppe om spel te hervat (inskoppe)

12.11 Indien die bal ná ʼn ongeslaagde strafskop- of skepskoppoging deur die verdedigende span in die doelgebied doodgedruk word of die bal dood is omdat dit ná een van hierdie pogings deur die doelgebied uitgegaan het, word spel met ʼn 22-meterinskop hervat.

Videos

12.12 Die spel word met ʼn doellyn-inskop hervat indien:

a. Die bal deur ʼn aanvallende speler in die doelgebied in gespeel of geneem word en dan deur ʼn opponent opgehou, doodgedruk of op ander wyse binne die reëls doodgemaak word.

Videos

b. ʼn Aanvallende skop, behalwe ʼn afskop, skop om spel te hervat nadat punte aangeteken is, ʼn skepskop, inskop of strafskoppoging, deur die verdedigende span in hulle doelgebied doodgedruk of doodgemaak word.

Videos

c. 'n Aanvallende speler slaan die bal aan in die opponente se doelgebied.

Tipe skop om spel te hervatPlek van skopStraflyn
22-meterinskopOp of agter die verdedigende span se 22-meterlynDie 22-meterlyn
Doellyn-inskopOp of agter die verdedigende span se doellynDie vyfmeterlyn
Videos

12.13 ʼn Inskop:

a. Word geneem op die plek wat in die tabel gespesifiseer word. Straf: Skrum.

b. Moet sonder versuim geneem word. Straf: Vryskop.

c. Moet oor die straflyn gaan, soos in die tabel gespesifiseer word. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

d. Moet nie direk in die grens ingaan nie. Straf: Die opponerende span kies een van die volgende:

  1. Dat die inskop weer geneem word; of
  2. n Skrum; of
  3. n Lynstaan; of
  4. n Vinnige ingooi.

Videos

12.14 'n Opponent mag nie oor die tot voor die straflyn beweeg voordat die bal geskop is nie. Straf: Vryskop.

12.15 'n Opponent wat voor die sanksielyn is, mag nie die inskop vertraag of verhinder nie. Straf: Strafskop.

12.16 Indien die bal oor die straflyn beweeg maar dan teruggewaai word, gaan spel voort.

12.17 Indien die bal nie oor die straflyn beweeg nie, mag voordeel gespeel word.

12.18 Indien 'n inskop die opponente se doelgebied bereik sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan in die doelgrensgebied in of dit gaan oor die doodlyn, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

12.19 Die spanmaats van die skopper moet agter die bal wees wanneer dit geskop word. Diegene wat voor die bal is wanneer dit geskop word, mag gestraf word tensy hulle terugval en nie met die spel inmeng nie totdat hulle deur die optrede van 'n spanmaat aankant geplaas word. Straf: Skrum.