19 Skrum
Beginsel
Die doel van die skrum is om spel te hervat met mededinging vir besit ná 'n geringe oortreding of onderbreking.
19.1 Waar die spel met 'n skrum hervat word en en watter span ingooi, word soos volg bepaal:
Oortreding / onderbreking | Plek van skrum | Wie ingooi |
---|---|---|
n Aanslaan of vorentoe aangee, behalwe by 'n lynstaan. | In die skrumsone op die punt naaste aan die plek van die oortreding. | Die nie-oortredende span. |
n Aanslaan of vorentoe aangee by 'n lynstaan; foutiewe ingooi by 'n lynstaan; foutiewe vinnige ingooi. | 15 meter veld-in vanaf die ingooimerk. | Die nie-oortredende span. |
Onkant in oop spel (skrumopsie). | In die skrumsone op die punt naaste aan die plek waar die oortredende span laas die bal gespeel het. | Die nie-oortredende span. |
n Strafskop (skrumopsie). | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die oortreding plaasgevind het. | Die nie-oortredende span. |
Die bal word deur die verdedigende span in die doelgebied ingeneem en doodgedruk. | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die bal doodgedruk is. | Die aanvallend span. |
n Onspeelbare doodvat of losskrum. | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die doodvat of losskrum plaasgevind het. | Die span wat laas vorentoe beweeg het. Indien nie een van die spanne vorentoe beweeg het nie, die aanvallende span. |
n Losgemaal wat onsuksesvol geëindig het. | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die losgemaal geëindig het. | Die span wat nie die begin van die losgemaal in besit is nie. Indien die skeidsregter nie kan besluit watter span vorentoe beweeg het nie, die span wat vorentoe beweeg voordat die losgemaal tot stilstand gekom het. Indien nie een van die spanne vorentoe beweeg het nie, die aanvallende span. |
n Onspeelbare losgemaal ná 'n skop in oop spel. | In die skrumsone op die punt naaste aan die plek van die losgemaal. | Die span wat aan die begin van die losgemaal in besit is. |
n Foutiewe afskop of skop om spel te hervat (skrumopsie). | In die skrumsone, so na as moontlik aan die middelpunt van die lyn vanwaar die afskop of skop om spel te hervat geneem is. | Die span wat nie skop nie. |
Versuim om die "speel die bal"-opdrag by 'n skrum, losskrum of losgemaal te gehoorsaam. | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die skrum, losskrum of losgemaal plaasgevind het. | Die span wat nie in besit is nie. |
Die bal of baldraer raak aan die skeidsregter en een van die spanne behaal voordeel daaruit. | In die skrumsone op die punt naaste aan die voorval. | Die span wat laas die bal gespeel het. |
Onderbreking as gevolg van besering. | In die skrumsone op die punt waar die bal laas gespeel is. | Die span wat laas in besit was. |
Hervorm skrum – geen oortreding nie. | Waar die oorspronklike skrum plaasgevind het. | Die span aan wie die skrum oorspronklik toegeken is. |
n Strafskoppoging na die pale wat nie binne die tydsbeperking geneem is nie. | In die skrumsone op die punt naaste aan waar die strafskop toegeken is. | Die nie-oortredende span. |
Die skeidsregter ken 'n skrum toe om enige ander rede wat nie in die reëls gedek is nie. | In die skrumsone op die punt naaste aan die plek van die onderbreking. | Die span wat laas vorentoe beweeg het of, indien geen span vorentoe beweeg het nie, die aanvallende span. |
Vorming van 'n skrum
19.2 'n Skrum word gevorm in die skrumsone op 'n merk wat deur die skeidsregter aangedui word.
19.3 Die skeidsregter maak die merk om die middellyn van die skrum daar te stel, wat parallel met die doellyne loop.
19.4 Spanne moet gereed wees om die skrum te vorm binne 30 sekondes nadat die merk gemaak is. Straf: Vryskop.
19.5 Wanneer albei spanne 15 spelers het, bind agt spelers van elke span saam in die formasie soos in die diagram aangedui word. Elke span moet twee stutte en een haker in die voorry en twee slotte in die tweede ry hê. Drie agterryspelers van elke span voltooi die skrum. Straf: Strafskop.
19.6 Indien 'n span om enige rede tot minder as 15 verminder word, kan die getal spelers van elke span in die skrum dienooreenkomstig verminder word. Indien 'n toegelate vermindering deur een span gemaak word, is daar geen vereiste dat die ander span 'n soortgelyke vermindering hoef te maak nie. 'n Span moet egter nie minder as vyf spelers in die skrum hê nie.
19.7 Die spelers in die skrum bind op die volgende wyse:
a. Die stutte bind aan die haker. Straf: Strafskop.
b. Die haker bind met beide arms. Dit kan hetsy oor of onder die arms van die stutte wees. Straf: Strafskop.
c. Die slotte bind met die stutte direk voor hulle en met mekaar. Straf: Strafskop.
d. Alle ander spelers in die skrum bind met minstens een arm aan 'n slot se lyf. Straf: Strafskop.
19.8 Die twee groepe kyk na mekaar, aan weerskante van en parallel met die middellyn.
19.9 Die twee voorrye staan nie meer as 'n armlengte van mekaar af nie met die hakers by die merk.
Skrumopstelling
GLOBALE REËLPROEFNEMING
19.10 Wanneer beide kante haaks en stabiel is en stilstaan, roep die skeidsregter "hurk" (Engels "crouch").
a. Die voorrye neem dan 'n gebukkende houding in as hulle dit nie reeds gedoen het nie. Hulle koppe en skouers is nie laer as hulle heupe nie, 'n posisie wat vir die duur van die skrum behou word. Straf: Vryskop.
b. Die voorrye buk, met hulle koppe links van dié van hulle direkte opponente, sodat geen speler se kop aan 'n opponent se nek of skouers raak nie. Straf: Vryskop.
c. Hakers moet ʼn “remvoet” gesposisioneer hê om met stabiliteit te help en aksiale lading te voorkom. Straf: Vryskop.
19.11 Wanneer beide kante haaks en stabiel is en stilstaan, roep die skeidsregter "bind".
a. Elke loskopstut bind deur die linkerarm binne die regterarm van die opponerende vaskopstut te plaas. Straf: Strafskop.
b. Elke vaskopstut bind deur die regterarm buite die linkerbo-arm van die opponerende loskopstut te plaas. Straf: Strafskop.
c. Elke stut bind deur die rugkant of sykant van hulle opponente se trui vas te gryp. Straf: Strafskop.
d. Alle spelers se binding word vir die duur van die skrum volgehou. Straf: Strafskop.
19.12 Wanneer beide kante haaks en stabiel is en stilstaan, met die hakers wat steeds die remvoet gebruik, roep die skeidsregter “sak” (Engels “set”).
a. Slegs dan moet die haker die remvoet verwyder en die spanne inslaan, die vorming van die skrum voltooi en ‘n tonnel skep waarin die bal ingegooi sal word. Straf: Vryskop.
b. Alle spelers moet in posisie wees en gereed om vorentoe te stoot. Straf: Vryskop.
c. Elke voorryspeler moet albei hulle voete op die grond hê, met die gewig ferm op minstens een voet. Straf: Vryskop.
d. Elke haker se voete moet in lyn wees met, of agter, die voorste voet van daardie span se stutte. Straf: Vryskop.
Ingooi
19.13 Die skrumskakel kies watter kant van die skrum om die bal in te gooi.
19.14 Die skrumskakel hou die bal soos in die diagram aangetoon word.
19.15 Wanneer beide kante haaks en stabiel is en stilstaan, gooi die skrumskakel die bal in:
a. Van die gekose kant. Straf: Vryskop.
b. Van buite die tonnel. Straf: Vryskop.
c. Sonder versuim. Straf: Vryskop.
d. Met 'n enkele voorwaartse beweging. Straf: Vryskop.
e. Teen 'n vinnige spoed. Straf: Vryskop.
f. Reguit. Die skumskakel mag die skouer met die middellyn van die skrum belyn en sodoende een skouerbreedte nader aan hulle kant van die skrum staan. Straf: Vryskop.
g. Sodat dit die eerste keer binne die tonnel die grond raak. Straf: Vryskop.
Ingooi by die skrum
Gedurende 'n skrum
19.16 Die skrum begin sodra die bal die hand van die skrumskakel verlaat.
19.17 Slegs wanneer die skrum begin, mag die spanne begin stoot. Straf: Vryskop.
19.18 Besit kan verkry word deur die opposisie agtertoe en van die bal af te stoot.
19.19 Spelers mag stoot mits hulle dit reguit vorentoe en parallel met die grond doen. Straf: Strafskop.
19.20 Voorryspelers mag besit van die bal verkry deur dit te probeer haak, maar slegs wanneer die bal die grond in die tonnel raak. Straf: Vryskop.
19.21 'n Voorryspeler wat die bal probeer haak, mag dit met enige voet doen, maar nie met beide gelyktydig nie. Straf: Strafskop.
19.22 Die haker van die span wat die bal ingegooi het, moet die bal probeer haak. Straf: Vryskop.
19.23 'n Voorryspeler moet nie doelbewus die bal by die tonnel uitskop in die rigting vanwaar dit ingegooi is nie. Straf: Vryskop.
19.24 Enige speler binne die skrum mag die bal speel, maar slegs met hulle voete of onderbene en hulle moet nie die bal oplig nie. Straf: Strafskop.
19.25 Indien 'n skrum in duie stort of 'n speler in die skrum opgelig word of opwaarts uit die skrum geforseer word, moet die skeidsregter onmiddellik die fluitjie blaas sodat spelers kan ophou stoot.
19.26 Wanneer die skrum staties is en die bal vir drie–vyf sekondes aan die agterkant van die skrum beskikbaar was, roep die skeidsregter "speel die bal". Die span moet dan onmiddellik die bal uit die skrum speel. Straf: Skrum.
Onkant by 'n skrum
19.27 Spelers bly aankant vir die duur van die skrum.
19.28 Voor die aanvang van spel in die skrum, staan die skrumskakel van die span wat nie die bal ingooi nie:
a. Aan daardie span se kant van die middellyn langs die opponente se skrumskakel, of
b. Minstens vyf meter agter die agterste voet van hulle span se laaste speler in die skrum en bly daar tot die voltooiing van die skrum.
19.29 As spel in die skrum begin het, het die skrumskakel van die span wat die bal besit minstens een voet gelyk met of agter die bal.
19.30 As spel in die skrum begin het, moet die skrumskakel van die span wat nie die bal besit nie:
GLOBALE REËLPROEFNEMING
a.'n Posisie inneem met beide voete nie verder as die middellyn van die tonnel nie.; Straf: Strafskop.
b. Beweeg Val permanent terug na 'n punt op die onkantlyn hetsy by daardie span se agterste voet, of
c. Val permanent tot minstens vyf meter agter die agterste voet terug.
19.31 Alle spelers wat nie aan die skrum deelneem nie, moet minstens vyf meter agter die agterste voet van hulle span bly.
19.32 Wanneer die agterste voet van 'n span in die doelgebied of binne vyf meter van daardie span se doellyn is, is die onkantlyn vir daardie span se nie-deelnemende spelers die doellyn. Straf: Strafskop.
19.33 Sodra die skrum eindig, geld onkantlyne nie meer nie.
Onkant by die skrum
Hervorming van 'n skrum
19.34 Indien daar geen oortreding is nie, sal die skeidsregter spel stop en die skrum weer laat vorm indien:
a. Die skrumskakel die bal ingooi en dit aan enige kant van die tonnel uitkom.
b. Die skrum ineenstort of opbreek voordat dit andersins tot 'n einde kom.
c. Die skrum deur meer as 90 grade geswaai word, sodat die middellyn verby 'n posisie parallel met die doellyn beweeg het.
d. Nie een van die spanne besit wen nie.
e. Die bal per ongeluk by die tonnel uitgeskop word. Uitsondering: Indien die bal herhaaldelik uitgeskop word, moet die skeidsregter dit as doelbewus beskou. Straf: Strafskop.
19.35 Wanneer 'n skrum weer gevorm word, word die bal ingegooi deur die span wat dit voorheen ingegooi het.
Einde van 'n skrum
19.36 Die skrum eindig:
a. Wanneer die bal in enige rigting behalwe die tonnel uit die skrum kom.
b. Wanneer die bal die voete van die agterste speler bereik en dit deur daardie speler opgetel word of deur daardie span se skrumskakel gespeel word.
c. Wanneer die agsteman die bal van die voete van 'n tweederyspeler af optel.
d. Wanneer die skeidsregter die fluitjie vir 'n oortreding blaas.
e. Wanneer die bal in 'n skrum op of oor die doellyn is.
Gevaarlike spel en verbode praktyke in 'n skrum
19.37 Gevaarlike spel in 'n skrum sluit in:
a. 'n Voorry wat op die opposisie afstorm. Straf: Strafskop.
b. Trek aan 'n opponent. Straf: Strafskop.
c. Doelbewuste oplig van 'n opponent van die voete af of om hulle opwaarts uit die skrum te forseer. Straf: Strafskop.
d. Doelbewuste ineenstorting van 'n skrum. Straf: Strafskop.
e. Doelbewuste val of kniel. Straf: Strafskop.
19.38 Ander verbode praktyke by 'n skrum sluit in:
a. Om op of oor die bal te val onmiddellik nadat dit uit die skrum gekom het. Straf: Strafskop.
b. Skrumskakel wat die bal skop terwyl dit in die skrum is. Straf: Strafskop.
c. Nie-voorryspeler wat 'n opponent vashou of stoot. Straf: Strafskop.
d. Terugbring van die bal in die skrum nadat dit uit was. Straf: Vryskop.
e. Nie-voorryspeler wat die bal in die tonnel speel. Straf: Vryskop.
f. Skrumskakel wat probeer om 'n opponent te laat glo die bal is uit die skrum terwyl dit nie is nie. Straf: Vryskop.
Skrumreëlvariasies
19.39 'n Unie mag die onder-19-skrumreëlvariasies op omskrewe vlakke van die spel binne sy jurisdiksie implementeer.