5 Tyd

5.1 'n Wedstryd duur nie langer nie as 80 minute nie (verdeel in twee helftes, elk nie langer nie as 40 minute plus verlore tyd), tensy die wedstrydorganiseerder die speel van ekstra tyd in 'n gelykop-wedstryd binne 'n uitklopkompetisie gemagtig het.

5.2 Rustyd bestaan uit 'n pouse van nie langer nie as 15 minute, soos deur die wedstrydorganiseerder besluit. Gedurende hierdie tyd mag die spelers en wedstrydbeamptes die speelperk verlaat.

5.3 In nie-internasionale wedstryde mag die wedstrydorganiseerder besluit om die lengte van 'n wedstryd te verkort. Indien die wedstrydorganiseerder nie besluit nie, kom die spanne ooreen oor die lengte van 'n wedstryd. Indien hulle nie kan ooreenkom nie, besluit die skeidsregter.

5.4 Die skeidsregter hou die tyd maar mag hierdie plig aan een of albei die grensregters en/of 'n amptelike tydhouer delegeer, in welke geval die skeidsregter enige onderbreking vir hulle aandui. By wedstryde sonder ’n amptelike tydhouer raadpleeg die skeidsregter, indien hy oor die korrekte tyd twyfel, een of albei assistentskeidsregters en mag hy andere raadpleeg, maar slegs indien die assistentskeidsregters nie kan help nie.

5.5 Die skeidsregter kan spel stop en tyd toelaat vir:

a. Spelerbeserings vir tot een minuut. Indien die speler ernstig beseer is, mag die skeidsregter na goeddunke meer as een minuut toelaat vir die speler om uit die speelgebied verwyder te word.

b. Oorleg met ander beamptes.

5.6 As die bal eers dood is, mag die skeidsregter tyd toelaat vir:

a. Vervanging van spelers.

b. Vervanging of herstel van spelers se klere.

c. Om 'n stewelveter weer vas te maak.

d. Die bal terug te bring.

5.7 'n Helfte eindig wanneer die bal dood is nadat die tyd verstryk het, tensy:

a. 'n Skrum, lynstaan of skop om spel te hervat ná 'n doel of 'n drie, toegeken voordat die tyd verstryk het, nie voltooi is nie en die bal nie na oop spel teruggekeer het nie. Dit sluit in wanneer die skrum, lynstaan of skop om spel te hervat verkeerd geneem word.

b. Die skeidsregter 'n vryskop of strafskop toeken.

c. 'n Strafskop in die grens ingeskop word sonder dat die bal eers getikskop word en sonder dat die bal eers 'n ander speler raak.

d. 'n Drie gedruk is, in welke geval die skeidsregter tyd toelaat vir die doelskop om geneem te word.

5.8 'n Span wat 'n drie druk, mag die doelskop neem of van die hand wys.

a. Die besluit om die doelskop van die hand te wys, moet deur die driedrukker aan die skeidsregter oorgedra word deur te sê "geen skop nie" nadat die drie toegeken is.

b. Mits die doelskop geneem of van die hand gewys word voordat die tyd verstryk, sal die skeidsregter 'n skop om spel te hervat.

c. Indien die doelskop geneem word, word tyd geneem van die oomblik wanneer die bal getref word.

5.9 Wanneer weerstoestande uitsonderlik warm en/of vogtig is, berus dit by die skeidsregter om 'n wateronderbreking toe te laat. Hierdie tweeminuutonderbreking moet halfpad deur die helfte geneem word, nadat punte aangeteken is of die bal naby die middellyn dood is.

5.10 Die skeidsregter het die bevoegdheid om die spel te eniger tyd te beëindig of te staak indien die skeidsregter van mening is dat dit onveilig sou wees om voort te gaan.