8 Aanteken van punte

8.1 Wyses van punte aanteken en puntewaardes:

a. Drie.  Vyf punte.

Videos

b. Doelskop. Twee punte.

Videos

c. Strafdrie. Sewe punte.

d. Strafskop. Drie punte.

Videos

e. Skepdoel. Drie punte.

Videos

Drie

8.2 'n Drie word aangeteken wanneer 'n aanvallende speler:

a. Eerste is om die bal in die opponente se doelgebied.

Videos

b. Eerste is om die bal te druk wanneer 'n skrum, losskrum of losgemaal die doellyn bereik.

Videos

c. Met die bal voor die doellyn doodgevat word en die speler se momentum hulle in 'n aaneenlopende beweging op die grond in die opponente se doelgebied indra en die speler eerste is om die bal te druk.

Videos

d. Naby die opponente se doellyn doodgevat word en speler onmiddellik uitstrek en die bal druk.

Videos

e. Wat in die grens of doelgrens is, die bal in die opponente se doelgebied druk, mits die speler nie die bal vashou nie.

Druk van die Bal

Druk van 'n drie - wanneer 'n skrum die doellyn bereik

Druk van 'n drie - 'n speler in die doelgrens wat nie die bal vashou nie

Strafdrie

8.3 'n Strafdrie word tussen die doelpale toegeken indien vuilspel deur die opponerende span verhinder dat 'n waarskynlike drie gedruk word, of in 'n meer voordelige posisie gedruk word. 'n Speler wat hieraan skuldig is, moet gewaarsku en tydelik geskors of afgestuur word.

Videos

Doelskop, strafdoel en skepdoel

8.4 Vir enige doelskop om suksesvolte wees, moet die bal oor die dwarslat en tussen die doelpale deur geskop word sonder dat dit eers aan ' spanmaat of die grond raak.

8.5 Indien die bal oor die dwarslat en bo die hoogte van die doelpale gaan, is die skop suksesvol indien daar geoordeel word dat die bal tussen die doelpale sou deurgegaan het indien die doelpale hoër was.

8.6 Indien die bal oor die dwarsbalk gaan en die wind dit tot in die speelveld terugwaai, geld die skop.

Doelskop

8.7 Indien 'n drie aangeteken word, gee dit aan die span die reg om met 'n doelskop te poog, wat 'n stelskop of skepskop mag wees.

Videos

8.8 Die skopper:

a. Neem die skop van binne die speelveld op 'n lyn deur die plek waar die drie aangeteken is, parallel met die grenslyne. Straf: Skop is ongeldig.

b. Stel die bal direk op die grond of op sand, saagsels of 'n skopring. Die skopper kan deur 'n steller bygestaan word. Niks anders mag gebruik word om die skopper te help nie. Straf: Skop is ongeldig.

GLOBALE REËLPROEFNEMING

c. Neem die skop binne 60 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die drie toegeken is, selfs al val die bal om en moet dit weer gestel word. Sanction: Skop is ongeldig.

8.9 Die skopper se span, behalwe vir die spanmaat wat die bal hou, bly agter die bal wanneer dit geskop word en doen niks om hul opponente te mislei om vroeër op te storm nie. Straf: Skop is ongeldig.

8.10 Indien die bal omval voordat die skopper die aanloop na die skop begin, laat die skeidsregter die skopper toe om die bal weer te stel. Wanneer die bal weer gestel word, bly die opponente agter hulle doellyn.

8.11 Indien die bal omval nadat die skopper die aanloop tot die skop begin het, mag die skopper die bal skop of 'n skepskop probeer.

Videos

8.12 Indien die bal omval en wegrol van die lyn deur die plek waar die drie toegeken is en die skopper dan die bal oor die dwarslat skop, is die doelskop suksesvol.

8.13 Indien die bal omval en in die grensgebied inrol nadat die skopper die aanloop na die skop begin het, is die skop ongeldig.

Tydens 'n doelskop geld die volgende vir die opponerende span:

8.14 Al die opponerende spelers gaan terug tot agter hulle doellyn en mag nie oor daardie lyn gaan totdat die skopper in enige rigting beweeg om die aanloop na die skop te begin nie. Wanneer die skopper dit doen, mag hulle opstorm of spring om ‘n doel te voorkom maar mag hulle nie fisiek deur ander spelers in hierdie aksies ondersteun word nie. Straf: Indien die opponerende span by 'n doelskop oortree ,aar die skop is suksesvol, die bal raak en die skop suksesvol is, is die doelskop geldig. Indien die skop nie suksesvol is nie, neem die skopper weer die doelskop en word die opponerende span nie toegelaat om op te storm nie. Wanneer nog 'n skop toegelaat word, mag die skopper al die voorbereidings herhaal. Die skopper kan die tipe skop verander.

8.15 Die span mag nie skree tydens 'n doelskoppoging nie. Straf: Indien die opponerende span by 'n doelskop oortree ,aar die skop is suksesvol, die bal raak en die skop suksesvol is, is die doelskop geldig. Indien die skop nie suksesvol is nie, neem die skopper weer die doelskop en word die opponerende span nie toegelaat om op te storm nie. Wanneer nog 'n skop toegelaat word, mag die skopper al die voorbereidings herhaal. Die skopper kan die tipe skop verander.

8.16 Indien die bal omval nadat die skopper die aanloop na die skop begin het, mag die opponente voortgaan om op te storm.

8.17 Indien die opposisie die bal raak en die skop suksesvol is, is die skop geldig.

Strafskop

8.18 'n Strafskop kan slegs aangeteken word indien 'n strafskop toegeken is

8.19 Die span wat skop, moet sonder versuim hulle voorneme te kenne gee om 'n doelskop te neem.

8.20 Indien die span hulle voorneme te kenne gee om 'n doelskop te neem, moet hulle die doelskop neem. Die voorneme om te skop kan aan die skeidsregter gekommunikeer word of kan aangedui word deur die aankoms van die skopring of sand, of wanneer die skopper 'n merk op die grond maak.

8.21 Die skop moet geneem word binne 60 sekondes (speeltyd) van die tydstip waarop die hulle bedoeling te kenne gee om dit te doen, selfs al val die bal om en moet dit weer gestel word. Straf: Skop is ongeldig en 'n skrum word toegeken.

8.22 Indien die skopper aan die skeidsregter die voorneme te kenne gee om 'n doelskop te neem, moet die opponerende span stilstaan met hulle hande langs hul sye van die tyd dat die skopper die aanloop na die skop begin totdat die bal geskop word.

8.23 Indien die skopper nie die voorneme te kenne gegee het om 'n doelskop te neem nie en 'n doel aanteken, geld die doel.

8.24 Die skopper stel die bal direk op die grond of op sand, saagsels of 'n skopring.Die skopper kan deur 'n steller bygestaan word. Niks anders mag gebruik word om die skopper te help nie. Straf: Skrum.

8.25 Enige speler wat die bal doelbewus raak in 'n poging om te verhoed dat 'n strafdoel aangeteken word, raak die bal teen die reëls.

8.26 'n Verdedigende speler mag nie tydens 'n doelskop skree nie.

8.27 Indien die opponerende spelers oortree terwyl die skop geneem word en die doelskop is suksesvol, is die doel geldig en word 'n verdere strafskop nie toegeken nie. Indien die skop onsuksesvol is, word daar aan die nie-oortredende span 'n strafskop 10 meter voor die oorspronklike merk toegeken. Straf: Strafskop.

Skepdoel

8.28 'n Speler teken 'n skepdoel aan deur 'n doel vanaf 'n skepskop in oop spel te skop.

8.29 Die span aan wie 'n vryskop toegeken word (ook indien hulle eerder 'n skrum of lynstaan in plaas daarvan kies), kan nie 'n skepskop aanteken nie totdat die bal weer dood was of 'n opponent die bal gespeel het, dit geraak het of die baldraer doodgevat het nie. Enige sodanige skop word as onsuksesvol beskou en spel gaan voort.