3 Span
10e
1 [Replacement]
3.1 Elke span het gedurende spel nie meer as 15 spelers binne die speelgebied nie.
Vervang deur:
3.1 Elke span het gedurende spel nie meer as 10 spelers binne die speelgebied nie.
2 geskrap
4 [Replacement]
3.4 Vir internasionale wedstryde kan 'n unie tot soveel as agt plaasvervangers nomineer.
Vervang deur:
3.4 'n Span mag tot soveel as vyf plaasvervangers nomineer.
5 [Replacement]
3.5 Vir ander wedstryde besluit die wedstrydorganiseerder hoeveel plaasvervangers genomineer mag word, tot 'n maksimum van agt.
Vervang deur:
3.5 Wedstrydorganiseerders mag die getal plaasvervangers verander wat 'n span mag nomineer en gebruik.
6 [Replacement]
3.6 Plaasvervanging mag slegs gedoen word wanneer die bal dood is, en slegs met die toestemming van die skeidsregter.
Vervang deur:
3.6 'n Span mag enige hoeveelheid spelers op enige tydstip gedurende 'n wedstryd vervang. Spelers wat op die speelveld kom, moet moet dit op die middellyn doen nadat die vervangde speler die speelveld verlaat het. Straf: Strafskop.