1 Die veld

GAME-ON

3 [Replacement]

1.3 Die afmetings van die speelgebied wat op die velddiagram aangetoon word.

***IMG | the-plan-2019-en.jpg | href:***

Die veld

a. Die speelgebied het 'n reghoekige vorm.

b. Enige afwykings van hierdie afmetings moet deur die betrokke unie vir plaaslike kompetisies of deur Wêreldrugby vir internasionale wedstryde goedgekeur word.

c. Indien die lengte van die speelveld minder as 100 meter is, word die afstand tussen die 10-meter- en die 22-meterlyn dienooreenkomstig verminder.

d. Indien die breedte van die speelgebied minder as 70 meter is, word die afstand tussen die 15-meterlyne dienooreenkomstig verminder.

e. Die omringende gebied moet nie minder as vyf meter breed wees nie, indien prakties moontlik.

***IMG | playing-enclosure-en.jpg | href:***

Vervang deur:

1.3 Die afmetings van 'n speelveld is aanpasbaar en moet aan die behoeftes van die gemeenskap en die aantal spelers voldoen, byvoorbeeld: 10-perssoonrugby op 'n halwe speelveld gespeel, met spel wat van grenslyn tot grenslyn plaasvind en met alle doelskoppe wat by een stel pale geneem word