9 Vuilspel

GAME-ON

13 [Replacement]

9.13 'n Speler moet nie 'n opponent vroeg, laat of gevaarlik doodvat nie. Gevaarlike doodvatte sluit in, maar is nie beperk nie tot, doodvat of pogings tot doodvat van 'n opponent bo die skouerlyn, selfs indien die doodvat onder die skouerlyn begin.

Vervang deur:

9.13 'n Speler mag nie 'n teenstander vroeg, laat of gevaarlik doodvat nie. Gevaarlike doodvatte sluit in, maar is nie beperk nie tot, om ʼn teenstander bo heuphoogte dood te vat of te probeer doodvat, selfs al begin die doodvat onder die middellyf-lyn. Middellyf-lyn kan vervang word deur "tepellyn", sodat wedstrydorganiseerders in effek drie keuses het: skouerlyn (soos volgens die huidige reël), tepellyn of heuphoogte.