21 Doelgebied

Sewes

Byvoeging:

Die hervattingskop moet geneem word binne 30 sekondes van die tydstip waarop die onsuksesvolle skop na die pale geneem is.

16 [Replacement]

21.16 Indien ‘n speler wat die bal dra binne die doelgebied opgehou word sodat die speler nie die bal kan druk of speel nie, is die bal dood. Spel hervat met ʼn doellyn-inskop of ʼn 5m-skrum, afhangende van hoe die bal die doelgebied binnegegaan het (reël 12.12a, en reël 19.1 ry 5).

Vervang deur:

21.16 Indien 'n speler wat die bal dra binne die doelgebied opgehou word sodat die speler nie die bal kan druk of speel nie, is die bal dood. Spel hervat met 'n vyfmeterskrum, in lyn met die plek waar die speler opgehou is. Die aanvallende span gooi in.