3 Span

Sewes

1 [Replacement]

3.1 Elke span het gedurende spel nie meer as 15 spelers binne die speelgebied nie.

Vervang deur:

3.1 Elke span het gedurende spel nie meer as sewe spelers binne die speelgebied nie.

2 geskrap
4 [Replacement]

3.4 Vir internasionale wedstryde kan 'n unie tot soveel as agt plaasvervangers nomineer.

Vervang deur:

3.4 'n Span mag tot soveel as vyf plaasvervangers nomineer en gebruik.

5 [Replacement]

3.5 Vir ander wedstryde besluit die wedstrydorganiseerder hoeveel plaasvervangers genomineer mag word, tot 'n maksimum van agt.

Vervang deur:

3.5 Die wedstrydorganiseerder besluit hoeveel plaasvervangers genomineer mag word, tot 'n maksimum van vyf.

8-13 geskrap
16-20 geskrap
31 [Replacement]

3.31 Indien die tydelike plaasvervanger tydelik geskors word, mag die vervangde speler nie toegelaat om tot ná die skorsingstydperk na die speelveld terug te keer nie, behalwe om aan reël 3.19 of 3.20 te voldoen, en slegs indien die speler mediese klaring ontvang het om terug te keer en dit doen binne die vereiste tyd vandat hy die speelveld verlaat het.

Vervang deur:

3.31 Indien die tydelike plaasvervanger tydelik geskors word, mag die vervangde speler nie toegelaat om tot ná die skorsingstydperk na die speelveld terug te keer nie, en slegs indien die speler mediese klaring ontvang het om terug te keer en dit doen binne die vereiste tyd vandat hy die speelveld verlaat het.

33a geskrap
33e geskrap