5 Tyd

Sewes

1 [Replacement]

5.1 'n Wedstryd duur nie langer nie as 80 minute nie (verdeel in twee helftes, elk nie langer nie as 40 minute plus verlore tyd), tensy die wedstrydorganiseerder die speel van ekstra tyd in 'n gelykop-wedstryd binne 'n uitklopkompetisie gemagtig het.

Vervang deur:

5.1 'n Wedstryd is sewe minute lank (verdeel in twee helftes, elk nie meer as sewe minute lank nie), plus verlore tyd. Wanneer 'n gelykop-wedstryd ekstra tyd vereis, hervat spel na 'n eenminuutbreek met periodes van nie langer as vyf minute nie. Ná elke periode ruil die spanne kante sonder 'n pouse.£'n Eindwedstryd van 'n kompetisie mag nie langer nie as 20 minute duur (verdeel in twee helftes, elk nie meer as 10 minute lank nie), plus verlore tyd en ekstra tyd.

2 [Replacement]

5.2 Rustyd bestaan uit 'n pouse van nie langer nie as 15 minute, soos deur die wedstrydorganiseerder besluit. Gedurende hierdie tyd mag die spelers en wedstrydbeamptes die speelperk verlaat.

Vervang deur:

5.2 Rustyd bestaan uit 'n pouse van nie langer nie as twee minute.