12 Afskoppe en skoppe om spel te hervat

Sewes

4 [Replacement]

12.4 Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat hul opponente spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Vervang deur:

12.4 Nadat 'n span punte aangeteken het, hervat dieselfde span spel van op of agter die middelpunt van die halflyn. Die hervattingskop moet binne 30 sekondes geneem word vanaf die tyd nadat 'n doelskop geneem of van die hand gewys is, of vanaf die tyd dat 'n strafskop of skepskop geneem is. Straf: Vryskop.

1 [Replacement]

12.1 Wanneer die bal geskop word:

a. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Skrum.

b. Opposisiespelers moet op of agter die 10-meterlyn wees. Straf: Die skop word weer geneem.

Vervang deur:

a. Moet spanmaats van die skopper agter die bal wees. Straf: Vryskop.

Videos
6 [Replacement]

12.6 Die bal moet die 10-meterlyn bereik. Straf: Die span wat nie geskop het nie, het die opsie dat die skop weer geneem word, of 'n skrum.

Vervang deur:

12.6 Moet die bal die 10-meterlyn bereik. Straf: Vryskop.

Videos
8 [Replacement]

12.8 Indien die bal direk in die grensgebied in beweeg, kies die span wat nie geskop het nie een van die volgende:

a. Die skop word weer geneem.

b. Skrum.

c. Lynstaan.

d. Vinnige ingooi.

Vervang deur:

12.8 Moet die bal nie direk in die grens ingaan nie. Straf: Vryskop.

Videos
9 [Replacement]

12.9 Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan dood deurdat dit regdeur die doelgebied beweeg het, het die span wat nie geskop het nie die keuse dat die skop weer geneem word of 'n skrum.

Vervang deur:

12.9 Indien die bal in die opponente se doelgebied ingeskop word sonder om aan enige speler te raak en 'n opponent druk die bal sonder versuim dood of dit gaan in die doelgrens in of oor die doodlyn, word daar aan die span wat nie geskop het nie 'n vryskop toegeken.

Videos
11 [Replacement]

12.11 Indien die bal ná ʼn ongeslaagde strafskop- of skepskoppoging deur die verdedigende span in die doelgebied doodgedruk word of die bal dood is omdat dit ná een van hierdie pogings deur die doelgebied uitgegaan het, word spel met ʼn 22-meterinskop hervat.

Vervang deur:

12.11 Indien die bal, behalwe vanaf 'n afskop of skop om spel te hervat, deur 'n aanvallende speler in die doelgebied in gespeel of geneem word en deur 'n opponent doodgedruk word, word spel met 'n 22-meterinskop hervat.