19 Skrum

Sewes

4 [Replacement]

19.4 Spanne moet gereed wees om die skrum te vorm binne 30 sekondes nadat die merk gemaak is. Straf: Vryskop.

Vervang deur:

19.4 Spanne moet gereed wees om die skrum te vorm binne 15 sekondes nadat die merk gemaak is. Straf: Vryskop.

5 [Replacement]

19.5 Wanneer albei spanne 15 spelers het, bind agt spelers van elke span saam in die formasie soos in die diagram aangedui word. Elke span moet twee stutte en een haker in die voorry en twee slotte in die tweede ry hê. Drie agterryspelers van elke span voltooi die skrum. Straf: Strafskop.

Vervang deur:

19.5 'n Skrum moet drie spelers van elke span hê. Al drie moet aan die skrum gebind bly totdat dit ten einde loop. Straf: Strafskop.

Videos
6 geskrap
7c geskrap
7d geskrap
23 [Replacement]

19.23 'n Voorryspeler moet nie doelbewus die bal by die tonnel uitskop in die rigting vanwaar dit ingegooi is nie. Straf: Vryskop.

Vervang deur:

19.23 'n Voorryspeler moet nie doelbewus die bal by die tonnel of uit die skrum in die rigting van die opponente se doellyn uitskop nie. Straf: Strafskop.

Videos
2 [Replacement]

19.2 Die skrum eindig:

a. Wanneer die bal in enige rigting behalwe die tonnel uit die skrum kom.

b. Wanneer die bal die voete van die agterste speler bereik en dit deur daardie speler opgetel word of deur daardie span se skrumskakel gespeel word.

c. Wanneer die agsteman die bal van die voete van 'n tweederyspeler af optel.

d. Wanneer die skeidsregter die fluitjie vir 'n oortreding blaas.

e. Wanneer die bal in 'n skrum op of oor die doellyn is.

Vervang deur:

b. Wanneer die bal deur daardie span se skrumskakel gespeel word.